Thursday, 26 September 2013

Reflektiewe skryfstuk



Ek moet sê dat dit baie lekker was om die blog te begin. Maar dit was nie lekker om my poste in my tweede taal aft e lewer nie, ek kan lekker kombuis Afrikaan praat maar wanneer dit by reg praat of skryf sukkel ek maar baie.Dit was baie lekker om my gevoelens vir julle te deel oor ‘n baie mooilikke en emosie volle tyd van my en my man se liewe. Maar soos jy kan sien het ons daar deur gekom en ons genie tons se dogterjie.

Ek moet sê dat en sal aanhou om te skryf MAAR dit sal on Engels wees. Dit sal soveel makliker wees, dit was ook baie intresant om te sien wat my vriendinne gepos het. Dit het waaklik vir ons na aan mekaar getrek. Dit was ook baie lekker om te sien die verskullende onderwerpe te sien. Dit het regtig vir my ‘n beter prentjie gewys van my klas maats.

Ek is baie bly dat die oor is want ek wil my geweete in engels af lewer, want ek vind dit makliker. En ek hoop ek kry lekker punte vir die kry want ek het baie oor dit gestress ek will net dankie sê dat julle almal vit my die gelendheid gegee het om my gevoelens te deel.

Ek kyk uit na my volgende pos want dit sal in Engels wees….en soos hulle in Engels sal sê LOL……en fluit fluit my storie is uit

Opvoedkundige Skryfstuk


Hoe om ‘n ma van ‘n baba wat te vroeggebore is,te wees.

In die week se pos sale k vir julle raad voorsien van hoe om ‘n ma van ‘n baba wat vroeg gerbore is,te wees. In plaas van dit stapgewys te doen sal ek probeer om dit ten volle aan julle te verduidelik.

Eerstens is dit belangrik dat jy baie kalm moet wees, want jou baba kan jou angs aanvoel. As jy angstig is ,sal dit jou baba se groei belemmer en dit sal langer nee mom jou baba by die huis te kry. Jou baba se gesondheid moet jou eerste prioriteit wees. Die volgende belangrike ding is om na die dokters en verpleegsters te luister. Hulle sal vir jou baie advise gee en kan ook vir jou en jou familie baie bystaan. Onthou dat hulle daar is om te help en vra soveel vrae moontlik. Dit betaal as jy weet wat aangaan met die baba.

Die belangrikste volgens my waarneming, is om baie geduldig te wees. Laat jou baba toe om op sy of haar pas te ontwikkel. Dit help nie as jy jou baba onder druk sit om te ontwikkel nie, in teendeel dit sal sy groei strem aangesien hy of sy jou angstingheid aanvoel. Moet nie te opgewonde raak nie, want soms kan hulle toestand versleg of iets onvoorsiens kan gebeur en dit sal jou teleurstelling baie groot maak dat jy alle hoop vir verdere ontwikkeling kan verloor.

Teen einde laaste moet jy jou vrees onder beheer hou en ten alle tye jou aandag op hoop vestig. Ek weet dat hulle piepklien is, maar die sorg, liefde en die aanraaking van ‘n moeder is baie belangrik vir hulle ontwikkeling. Maak sekker dat jy ten alle tye hulle vingertjies of enige ander deel van hulle liggaampie aan raak net om vir hulle te laat weet dat julle daar is. Alhoewel dit ‘n baie stresvolle tyd is sal jou gemoedstoestand van uiterse belang wees aangesiendit ‘n tyd is viy jy en jou man of kerel is om nader aan mekaar te trek en dit sal julle liefde vir mekaar en julle baba net meer standvastig maak.

Thursday, 19 September 2013

Verhalende Skryfstuk

Die dag waarvoor ons amper 'n maand gewag het, is uiteindelik hier. Dit was vroeg op 'n Woensdag oggend net na ses uur toe my sellfoon lui en ek sien dis die hospitaal wat bel. My haart het amper stil gaan staan want my eerste gedagte was dat daar iets verkeet is met Shiloh. Ek het ontmeddelik my man wakker gemaak om die foon op te tel want ek kon nie. Toe sien ek dat hy begin glimlag en ek het geweet dat dit die doktor was, maar ek het  nie gedink hoekom sy so vroeg in die oggend sal bel nie. Net nadat my man die foon neer gesit het, het hy die nuus vir my gegee, Shiloh kon huis toe kom, Ek het so hart geskree dat my ouers in die kamer gekom het om te kyk wat aan gaan. Nadat ek vir my ouers die nuus gegee het het ek begin huil, nie dat ek hartseer was nie maar omdat ek so bly was dat my "nunu" huis toe kom.

Ek was bly omdat ek nie meer vir my aan die slaap huil elke aand nie en skuldig voel dat ek vir haar agter los as ons in die aande huis toe moet gaan. Ons het ontmiddelik opgestaan en vir ons gereet gemaak vir haar tuis koms. Ek het skoons my naels gedoen en gemeering, ek was so opgewonde.

Toe ons by die hospitaal gekom het het die virpleegters vir Shiloh in haar mooiste kleurtjies aan getrek, sy het soos 'n engeltjie gelyk. Hulle het vir ons geluk gewens en vir ons uit gesien...dit is nou amper twee jaar gelede en ek dink aan die dag gereeld, hoe ek gevoel het toe sy haar tante vir die eerste keer ontmoet en hoe my pa gehuil het. Dit was lank geleede maar dit voel soos dit net gister gebeur het. Sy sal more die 20 September twee jaar oud wees en ek dank die Here elke dag vir my wonderwerk baba. Sy is beslis my hart se punt.

Wednesday, 4 September 2013

Beskywende skryfstuk

Na ons die swangerskap aanvaar het,het ons besef dat nie maklik gaan wees nie maar dit was 'n seëning is en sal die baba alles gee wat ons kan.

Toe het ek een dag net baie aaklig gevoel en iets se vir my dat daar iets verkeerd. die oomblik wat ek opgestaan het om tooilet toe gaan het 'n nat kol op my bed gesien en dit het vir my baie groot laat skrik. ons het onmiddellik hospitaal toe gery. toe ons daar kom was ek op 'n monitoor gesit om die baba se hart monitoor. Ek was baie bang dat ek ons baba mag verloor. My man was daar vir my maar dit het nie my angs weg gevat nie.Ek moet toe die aand in die hospitaal bly, die verpleegster het vir my 'n inspuiting gegee om die baba se longe te versterk. dit het vir my verder laat angs voel. Die volgende oggend het die doktor ons kom sien en vir my gestuur vir toetse. En hulle het geonddek dat ek vir 'n tydjie al fluïdum verloor het. die doktor het onmiddellik besliut om die baba gehaal. ek was so bang dat ek tot die dag nie onthou wat na dit gebeur het. Ek onthou net my huilende baba. Sy was op 32weke gebore en was na die intensief sorg unit gevat ek was baie bly dat sy gesond was maar ek het ook geweet dat ons 'n baie lank pad sal moet loop om vir haar by die huis te kry.

Wednesday, 28 August 2013

Bekendstelling-persoonlike skryfstuk



Waar begin ek? Almal sê dat wanneer  jy  swanger is verander  jou liewe. En dit het beslis met my gebeur,en nie net in ‘n klein manier nie maar in ‘n groot  een.

In die jaar 2010 het ek met my eerste  kêrel  getrou  en dit het my lewe heeltemal verander. Ek was heeltemal verlief. My lewe op daardie oomblik was net wat ek van gedroom het. Ons was op  “cloud nine” soos hulle sal sê in Engels. Alles het in plek geval. Ons het ‘n behaaglike plek gehaad en dit was net ek en hy,ons het alles gehaad  wat ons altyd van gedroom het. Toe kom die nuus wat ons lewens heeltemal  verander het. Ons was swanger!!! Ek het so groot geskrik omdat ons net 3 maande getrout was, ons familie was baie opgewonde maar ons was nog baie onseker van die situasie.

 En toe….