Die dag waarvoor ons amper 'n maand gewag het, is uiteindelik hier. Dit was vroeg op 'n Woensdag oggend net na ses uur toe my sellfoon lui en ek sien dis die hospitaal wat bel. My haart het amper stil gaan staan want my eerste gedagte was dat daar iets verkeet is met Shiloh. Ek het ontmeddelik my man wakker gemaak om die foon op te tel want ek kon nie. Toe sien ek dat hy begin glimlag en ek het geweet dat dit die doktor was, maar ek het nie gedink hoekom sy so vroeg in die oggend sal bel nie. Net nadat my man die foon neer gesit het, het hy die nuus vir my gegee, Shiloh kon huis toe kom, Ek het so hart geskree dat my ouers in die kamer gekom het om te kyk wat aan gaan. Nadat ek vir my ouers die nuus gegee het het ek begin huil, nie dat ek hartseer was nie maar omdat ek so bly was dat my "nunu" huis toe kom.
Ek was bly omdat ek nie meer vir my aan die slaap huil elke aand nie en skuldig voel dat ek vir haar agter los as ons in die aande huis toe moet gaan. Ons het ontmiddelik opgestaan en vir ons gereet gemaak vir haar tuis koms. Ek het skoons my naels gedoen en gemeering, ek was so opgewonde.
Toe ons by die hospitaal gekom het het die virpleegters vir Shiloh in haar mooiste kleurtjies aan getrek, sy het soos 'n engeltjie gelyk. Hulle het vir ons geluk gewens en vir ons uit gesien...dit is nou amper twee jaar gelede en ek dink aan die dag gereeld, hoe ek gevoel het toe sy haar tante vir die eerste keer ontmoet en hoe my pa gehuil het. Dit was lank geleede maar dit voel soos dit net gister gebeur het. Sy sal more die 20 September twee jaar oud wees en ek dank die Here elke dag vir my wonderwerk baba. Sy is beslis my hart se punt.
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. haart - hart
2. verkeet - verkeerd
3. ontmeddilik - onmiddellik
4. hart geskree - hard geskree
5. huis toe moet gaan. - huis toe moet gaan nie.
6. gereet - gereed
7. tuiskoms - een woord
8. skoons - skoon
9. verpleegsters - verpleegsters
10. kleurtjies - kleertjies
11. aangetrek - een woord
12. dink aan die dag gereeld - dink gereeld aan die dag.
13. soos dit net - asof dit net